Julle het van julle laat hoor, en ons luister. Baie dankie vir julle reaksies en kommentare.

Beste [FNAME]

Sedert ons program-veranderings op RSG op 4 April in werking getree het, het julle, ons luisteraars, van julle laat hoor, en ons luister. Baie dankie vir julle reaksies en kommentare.

Om vir jou ‘n geleentheid te bied om RSG se inhoud en musiek te beoordeel, het ons ’n vraelys opgestel, met ruimtes vir jou eie mening. Klik hier en vul dit asseblief in. Jy is welkom om die vraelys na vriende en familie te stuur. Hoe meer insette ons ontvang, des te beter.

Jou insette sal ons in staat stel om ‘n haalbare plan te ontwikkel om jou luister-behoeftes by ons programme in te sluit. Die uitslae van die vraelys en implikasies daarvan sal met verskeie rolspelers binne RSG en die SAUK bespreek word. Ons gaan jou op hoogte hou soos die gesprekke vorder.

Ons sal ook die resultate so gou moontlik ná die sluitingsdatum van 25 Mei bekend maak.  Boonop staan ‘n gelukkige deelnemer die kans om ‘n RSG-geskenkpak ter waarde van R1000 te wen.

Dankie by voorbaat vir julle antwoorde op die vraelys.

Mooiloop tot volgende keer.

Louise en die RSG-span

KLIK HIER

Moenie dié programme misloop nie!

19 Mei: Die Magrietjie

Mense hanteer trauma op verskillende maniere.  Die weduwee, Hermien Lategan (Rika Sennett), sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou Magriet, (Eloise Cupido), sien om na haar sterwende Pa. En dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyses by mekaar se lewens betrek. Lees meer.

20 Mei: Sondeseep
‘n Gesiene inwoner van ‘n plattelandse dorpie iewers in die Noordkaap verdwyn te midde van die gemeentesusters se beplanning van ‘n kerkbasaar ter ondersteuning van die kontrei se verarmdes. Maar alles is nie so heilig as wat dit lyk nie en daar is ‘n vark in die verhaal.  Lees meer.

Skryf jou radiodrama sommer nou
RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie bied weer eens aan skrywers die geleentheid om klankdrama te omarm. Buiten ‘n handleiding en skryfwenke, sal skrywers ook mentorskap ontvang. Die prysgeld is vanjaar R115 000. Die wendramas word ook in 2023 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Augustus 2022. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Ons wendrama, KINDERS
Die wendrama Kinders, deur Erica Harris, is ‘n sensitiewe, volwasse drama oor ‘n eietydse gesin. Spelers sluit in Nadia Valvekens, Cintaine Schutte en Eloff Snyman (foto). Lees meer.

Regsake
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor boedelbelasting, en jou regte ten opsigte van aanbouings by jou kinders se eiendom. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor diefstal. Lees meer.

Wie is ek?
Emosionele boeliegedrag word beskou as ‘n gevaarlike vorm van boeliegedrag omdat ouers dit nie altyd ernstig opneem nie, en tieners baie keer alleen hierdie probleem moet hanteer. Lees meer.

My Mooi Dorp
Van die wereld se gewildste huisplante is van die ruigteveld in veral die Oos-Kaap afkomstig. Malvas, die syselbos (Plumbago auriculata), kraanvoëlblomme (Strelitzia reginae) is enkeles. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer