Party mense sê dis die Arktiese poolwinde, ander het gesê dis die koudste wat dit in 10 jaar was... ek weet net dit was vrek koud.
Beste [FNAME]

Party mense sê dis die Arktiese poolwinde, ander het gesê dis die koudste wat dit in 10 jaar was... ek weet net dit was vrek koud en het stywer agter my man se rug ingeklim. As jy nou nie jou bed kan deel met iemand nie, is RSG steeds daar met pragtige musiekreekse soos Midas van Musiek en Toe ons sterre was en verskeie programme om jou geselskap te hou. 

Die dokumentêre seisoen beloof nog ’n hele paar aangename juwele elke Donderdagaand om agtuur.

Die RSG/Beeld Kinderfonds begin nou momentum bou, so luister gerus na die tweeweeklikse bonusprysaankondigings en nie net ondersteun jy kinders in nood nie, maar jy staan ook die kans om ’n splinternuwe motor later vanjaar te wen!

Op die noot van wenners: geluk aan ons eie pryswenners Renske Jacobs en Johan Rademan vir die bekroning van hul werk.

As jy ingehok – of ingeperk – voel, het RSG en Lefra goeie nuus vir jou!  Die Oppiwater Kunstefees met meer as 20 top Afrikaanse teaterproduksies bied twee geleenthede aan luisteraars om in 2022 op die MSC Musica te vaar. 

En terwyl jy tuis is, laai waai met jou radiodrama. Die sluitingsdatum is 16 Augustus.

Sielkundige en traumatoloog dr Tessa van Wyk het nou die dag op ons personeelvergadering met ons oor volharding gesels, en gesê mens moet partykeer jou spoed bietjie verminder, ekstra bagasie afgooi en sorg dat jou tenk vol is! Dít gaan jou ook sommer help om weer perspektief te kry wanneer dinge deurmekaar voel. Dis nogal iets wat ek gaan probeer. 

Bly veilig en pas jouself mooi op!

Louise en die RSG-span

Pure Goud!


Tatjana Schoenmaker is nie net die beste 200m vroue borsslagswemmer in die wêreld nie, sy is Suid-Afrika se liefling nadat sy die 200m borsslag in ‘n wêreldrekordtyd gewen het. Kyk na skermgrepe en uitttreksels uit dié uitsonderlike gebeurtenis en haar helde-ontvangs in Suid-Afrika. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Onmoontlik!

“Jy is eenkopskuif weg van die oplossing tot enige probleem.” Só sê Pieter du Preez, wat ná ‘n fietsongeluk in 2003 ‘n C6 kwadrupleeg geword het. Hy het in 2013 die eerste kwadrupleeg in die wêreld geword om ‘n vol Ysterman-kompetisie te voltooi. Kom luister Donderdag 5 Augustus om 20:00 na ‘n dokumentêr deur Christelle van Tonder oor dié heldhaftige man en atleet. Lees meer.

Inheemse medisinale plante
Wilde-als is een van die bekendste inheemse medisinale plante in Suid-Afrika. Luister 12 Augustus om 20h00 na dié dokumentêr deur Jacqui January oor ons ryk erfenis van medisinale plante. Lees meer.

Ons nuwe middagvervolgverhaal

Kom soek saam na Vincent van Gogh se verlore skilderye. Vincent van Gogh se broer Theo, het in 1877 in Suid Afrika gewoon. Theo is skielik en sonder waarskuwing van Knysna af weg. Die vier skilderye wat deur Vincent na sy broer in Knysna gestuur is, het verdwyn. In My naam is Vincent, deur Lee Doubell, soek ‘n private speurder na die skilderye, maar dinge loop gou skeef. Die spanningsverhaal begin op 18 Augustus – weeksmiddae net na die 15:00 nuus. Lees meer.

Twee Oppiwater Kunstefeeste in 2022
Ons Kaapstad/Namibië Oppiwater Kunstefees word van 18-24 Januarie 2022 en ons Durban/Mosambiek Oppiwater Kunstefees word van 4-8 April 2022 aangebied. Albei feeste word aanboord die luukser en groter MSC Musica aangebied, met meer as 20 top Afrikaanse Teaterproduksies op albei kunstefeeste. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Aktueel
Dis nou bekend dat 3,301 van die 9,477 senior bestuurders in die staatsdiens nie die vereiste kwalifikasies het nie. Hoe kry jy balans tussen tussen kwalifikasies, transformasie en prestasie? Lees meer.

Regsake
Igna Klynsmith bespreek die baie aktuele kwessie van belastingaftrekkings vir mense wat tuis werk – die voorwaardes en vereistes. Hy gee ook duidelikheid oor die uitsetting van huurders uit huurhuise en sakepersele. Lees meer.

Groeipyne
Hoe gemaak as ek ‘n helikopter-ouer is? Ek wil net die beste vir my kind hê, daarom is ek betrokke by elke fasset van my kind se bestaan. Wat is die beste vir my kind se ontwikkeling? Twee opvoedkundige sielkundiges gee raad. Lees meer.

Gesondheid
Die Regering het baie foute gemaak met die Covid-entstofprogram. Gesondheidskenners het raad hoe om verdere foute uit te skakel. Kyk ook hoe effektief is die verskillende vaksiene. Lees meer.

Wie is ek?
Alkohol kan demensie veroorsaak. Korsakoff-sindroom, ‘n vorm van demensie, is ‘n chroniese geheuesteurnis wat meestal veroorsaak word deur alkoholmisbruik. Lees meer.

My Mooi Dorp
Die eerste stadium om ’n dorp en gemeenskap suksesvol te maak, verg geduld. Dit behels die verandering van gesindhede, nuwe maniere van probleemoplossing en ’n gesamentlike visie. Dan kan die groot ontwikkelingswerk begin. Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Waarom trek klank vier maal vinniger in water as in lug? Wat bepaal hoe ver klank trek? Wat is mistigheid se invloed op klank? Wat is jou koffie se klank? Lees meer.

Landbou
Ons kyk na die bydrae van die landbousektor tot kweekhuisgasvrystelling, spesifiek die veebedryf en gewasverbouing. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer