Dit word darem nie meer so vroeg donker in die aande nie, en die koeler weer het begin wyk – wat beteken Lente is hier!
Beste [FNAME]

Dit word darem nie meer so vroeg donker in die aande nie, en die koeler weer het begin wyk – wat beteken Lente is hier!  Ek is baie bly oor die nuwe seisoen wat aangebreek het, want dit beteken ook ons kan begin uitsien na ’n paar nuwe radio-reekse wat voorlê, asook die tweede radioteaterseisoen wat op 7 Oktober afskop. 

Ons het vanjaar
162 inskrywings in die RSG/Sanlam Radiodramaskryfkompetisie ontvang!  Die tekste word tans beoordeel.

Ek wil graag goeie nuus met julle deel. Die afgelope vier maande het RSG se inkomsteteiken positiewe groei getoon, sowel as die jaar-op-jaar groeisyfers vergeleke met laasjaar.  Baie mense en maatskappye is deur ’n moeilike tyd sedert die Covid pandemie begin het en dit het ook vir RSG beïnvloed, maar ons kan nou begin vorentoe kyk. 

Ek wil ook elke luisteraar bedank vir jul lojaliteit – dat julle steeds inskakel, vir die positiewe en bemoedigende boodskappe aan die omroepers in die ateljee (ons kyk maar verby dié wat skel) en dat julle steeds RSG kies as julle eerste keuse radiostasie. ’n Mens sal nooit almal tevrede kan stel nie, maar ons poog om soveel as moontlik mense te vermaak, in te lig en op te voed deur RSG se wye verskeidenheid programme en musiek.

Ons maak ook vordering met die vakante poste by RSG. Jaco Wagener is aangestel as die Oudiovisuele Regisseur wat verantwoordelik is vir al die tegniese aspekte om die stasie op lug te hou. Welkom Jaco! 

Op 1 Oktober begin die Senior Kontinuïteitsregisseur wat onder andere sal fokus op nuwe programidees, kwaliteitbeheer, spesiale produksies asook buite- uitsendings. Daar is nog drie poste wat gevul moet word, en ek vertrou dat ons ook binnekort daardie aanstellings kan vier.   

Die afgelope paar maande het RSG hande gevat met projekte soos Winterhoop, Beeld Kinderfonds, Orgaanskenking en ons doel is om sodoende ook uit te reik na verskeie gemeenskappe, en hul behoeftes te belig. Ons luisteraars bewys telkens hul omgee geaardheid en ruim harte, en ek sê dankie vir elkeen se betrokkenheid en ondersteuning. Daar is nog baie instansies wat hulp benodig, en ek wens ons kon elkeen help – maar jy kan ook ’n verskil maak in jou onmiddellike omgewing waar jy woon en werk – en sodoende kan elkeen se klein bydra op die ou einde ’n groot verskil maak!

Mooi bly tot volgende keer!

Groete,

Louise en die RSG-span

Ons salueer ons Paralimpiese span


Ntando Mahlanga (foto), Anrune Weyers, Lauzanne Coetzee, Pieter du Preez, Sheryl James en ons ander atlete het ons behoorlik trots gemaak. Wat ‘n les van sulke vasbyters wat ondanks terugslae super-atlete is! Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Wanneer ‘n uil roep

In dié dokumentêr spandeer Esté Gross ‘n dag saam met die stigters van die Owl Rescue Centre, Brendan en Danelle Murray. Sy vind uit waarom hulle so passievol is, hoe die uile gerehabiliteer en vrygelaat word en waarom vrywilligers bereid is om duisende kilometers vêr te ry net om ‘n uil te gaan red. Luister op 9 September. Lees meer.

Ten spyte van...

Wat het Susan Boyle, Sir Anthony Hopkins en Courtney Love in gemeen? Al 3 is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die Outismespektrum. Om iemand op die Outismespektrum te plaas, is nie ‘n eenvoudige mediese toets nie.16 September na 20:00 praat 2 kenners wat jou kan help met groot besluite in jou kleinding se lewe. Dié program oor outisme is saamgestel deur Johan Rademan. Lees meer.

Snuffelhonde

Riley, Zak, McGyver en Charlie het pas gekwalifiseer as K9 Forensiese eenheid van die SAPS as SA se eerste honde wat meer as 90% akkuraatheid selfs presimptomatiese Covid-gevalle uit te ruik. Luister Woensdag 8 September na Gesondheid op RSG, waar prof Tess van der Merwe vertel hoekom en hoe die honde opgelei word om Covid en ander siektes uit te ruik. Lees meer.

Twee Oppiwater Kunstefeeste in 2022
Ons Kaapstad/Namibië Oppiwater Kunstefees word van 18-24 Januarie 2022 en ons Durban/Mosambiek Oppiwater Kunstefees word van 4-8 April 2022 aangebied. Albei feeste word aanboord die luukser en groter MSC Musica aangebied, met meer as 20 top Afrikaanse Teaterproduksies op albei kunstefeeste. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Langeraat
Hoekom is ‘n kameelperd se nek so lank? Veearts dr. Gerhardus Scheepers van die Zodiac Dierekliniek in Brits, Noordwes, praat oor die anatomie van die kameelperd. Lees meer.

Regsake
Hoe werk huurgeld en ‘n bestorwe boedel? Wat moet jy weet van kapitaalwinsbelastings en ook oor uitsettings? Igna Klynsmith bespreek ook ‘n saak teen die Staatsdrukkery. Lees meer.

Fiks vir die lewe
Een van die kenmerke van die tyd waarin ons lewe, is die verskil in menings oor die Covid-enstof. Sommige kan nie wag om dit te kry nie, teenoor diegene wat heftig daarteen gekant is. Hoe hanteer jy mense se verskillende opinies? Lees meer.

Gesondheid
Fibromialgie is ‘n siekte wat soms jare neem om te diagnoseer, en dan word dit dikwels nie behoorlik behandel nie. Meer as 60% van fibromialgielyers ly ook aan depressie en angs, of slaapprobleme as deel van of as regstreekse gevolg van dié siekte. Lees meer.

Wie is ek?
Hoekom droom ons? Is dit jou brein wat besig is om informasie te verwerk, of is dit jou brein wat besig is om vir jou boodskap te stuur? Droom alle mense, maar jy kan dit net nie altyud onthou nie? Lees meer.

My Mooi Dorp
As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie son-aanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe plant verkleurmannetjies voort? Hoe en hoekom word ‘n keisersnee op verkleurmannetjie-wyfie gedoen? Kan katte en voëls bevriend raak? Wat weet ons van die heelal, en tot watter mate is dit selfgedefinieerd? Lees meer.

Dokumentêr
Wat sou langarm musiek sonder Jimmy Newman gewees het? Beslis nie dieselfde nie. Luister na die dokumentêr oor die lewe van Jimmy Newman, saksofoonspeler, mentor, vader en oupa in Ghrender as Ghrend. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer