Met skoleprojekte, musiekprojekte en kultuurnetwerkprojekte het die FAK weer eens 'n vol program gehad die afgelope week.


Waarna kan jy uitsien vir dié week?

 

Bederf jou Ma 

Wonder jy nog wat om vir jou moeder te kry vir Moedersdag? Of wil jy maar net bietjie jou moeder bederf met 'n lekker aandjie uit?

Die FAK het beslis die antwoord vir jou: “Ek moes dit gesê het” is Andriëtte Norman se splinternuwe liedjie wat sy in die FAK-Liedjietuin op Donderdag 11 Mei gaan bekendstel.

Sy gaan egter ook van haar ander bekende liedjies sing terwyl pianis Liesl du Plessis haar op die klavier gaan begelei. Dit is ’n baie intieme vertoning met plek vir slegs 100 gaste.

Datum: 11 Mei 2023
Tyd: 18:00
Plek: FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument
Kaartjies: R200 per persoon

Daar sal ’n snoepie beskikbaar wees vir lekkernye en drinkgoed.

Die FAK Jeugsimfonieorkes en die Akademia-koor vat hande met ’n gesamentlike konsert vir die heel eerste keer in die Heldesaal van die Voortrekkermonument

Gehore kan uitsien na werke soos Jean Sibelius se “Andante Festivo”, “Wachet auf ruft uns die Stimme” uit J.S. Bach se Kantata no. 140 en Yoda se Tema uit John Williams se “Star Wars Suite” deur die FAK Jeugsimfonieorkes.

Die Akademia-koor gaan verskeie koorwerke deur Awie van Wyk en Franco Prinsloo, asook die gewilde lied “Sonvanger” van Valiant Swart uitvoer. ’n Interessante verrassing wag wanneer beide groepe sal saamsmelt met ’n werk vir koor en orkes, “Let there be music” deur Gordon Young.

Koop jou kaartjies hier

Doep is nie dood nie

Kom ervaar ’n konsert van mooi musiek onder die sterre in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument.

’n Uitmuntende konsert met Jannie du Toit, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klawerbord en akkordeon)

Datum: 18 Mei 2023 
Tyd: 18:00
Plek: FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument 
Kaartjies: R150 per persoon
Vir enige navrae kontak Lieandri Ackermann by [email protected]

Turffontein-konsentrasiekampslagoffers nié vergete

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Oos Rand Kultuurnetwerk en ander belanghebbendes het op 6 Mei die Turffonteinkonsentrasiekamp skoongemaak en verfraai ter voorbereiding van Konsentrasiekampdag wat jaarliks op 16 Junie plaasvind.

Lees volledige storie
 

???????????? ???????????????? ???????????????????????? ????????????????????????????????????????????????????????????????????-????????????????????????????????????!

Vir die volgende 5 dae gaan die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) daagliks 2 kaartjies GRATIS uitdeel aan gelukkige deelnemers!

Moenie jou kans mis om 2 gratis kaartjies te ontvang nie!

Volg die FAK se Facebook-blad en deel hierdie plasing.

Klik op die volgende skakel – https://linktr.ee/die.FAK

Druk op die “Jeugsimfonieorkes”-knoppie en vul jou inligting in.

Baie geluk, jy is ingeskryf!

Indien jy reeds weet dat jy ’n direkte nasaat van die leiers van die Groot Trek is en die nasate-funksie wil bywoon wat op 14 Junie plaasvind, vul asseblief hierdie vorm in.

Klik hier

Nasate-funksie

Is jy ’n Cilliers, Pretorius, Trichardt, Retief, Potgieter, Uys of Maritz?

Jy is moontlik ’n direkte nasaat van die leiers van die Groot Trek!


As deel van die FAK se Groot Trek 185-vieringe, hou ons ’n nasate-funksie om hulde te bring aan ons voorouers wat met trots en dapperheid die binneland verken het en ons tuiste geskep het.
 

Is jy onseker oor jou familiewortels? Kontak gerus vir [email protected] om 'n afspraak te maak. 

Kom deel in die herdenking van die Vrede van Vereeniging saam met die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk

’n Dag van samesyn en verering word jaarliks gehou op 31 Mei 2023 met ’n toer om die Vrede van Vereeniging te herdenk!


Almal is welkom om vanaf enige punt aan te sluit. (Ons verstaan almal kan nie die hele toer meemaak nie.) By elke punt sal ’n kranslegging plaasvind. Kom plaas ’n krans of blommetjie by enige van hierdie punte saam met ons.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Freddie Peters by 083 521 3990.

Bevestig asseblief jou bywoning deur Barry Müller te kontak by [email protected] of 072 849 8573

Die FAK roep die gemeenskap van Bela-Bela tot aksie


Kom help asb. om ere te herstel tot hierdie vergete Voortrekkerbegraafplaas in Bela-Bela (voormalig Warmbad).

Kom ons staan saam as gemeenskap en maak ’n verskil om hierdie historiese terrein weer skoon en netjies te maak.

As jy ’n bossiekapper het, bring dit asseblief saam, asook enige beskikbare tuingereedskap en skoonmaakgoed soos jou hark, snoeiskêr, graaf, emmer, skroplap, besem en dan natuurlik jou Afrikanertrots.

Kom wees die verskil in jou gemeenskap!

Stokkiesdraai, die perfekte kuierplek!

Stokkiesdraai bied ’n heerlike, intieme kuieratmosfeer onder ’n pragtige grasdak-lapa aan die voet van die prentjiemooi Voortrekkermonument. Dit is die ideale ligging vir ’n gesellige braai saam met vriende en familie!
 

Ons vriendelike personeel sal sorg dat jou kuier by Stokkiesdraai 'n onvergeetlike een is. Ons is trots op ons uitstekende diens en ons doel is om al ons gaste se verwagtinge te oortref.
 

Kontak ons vandag by [email protected] om ’n bespreking te maak. Ons sien daarna uit om jou te verwelkom by Stokkiesdraai!

Wil jy jou profiel hersien?
Hersien of Teken uit
Kreatief saamgestel deur die FAK.