Ons Rugbyraaikompetisie is saam met ons regstreekse kommentaar soos ‘n energiedrankie vir ons luisteraars, al lyk die Springbokke soms tam.

Beste [FNAME]

Ons Rugbyraaikompetisie is saam met ons regstreekse rugbykommentaar soos ‘n energiedrankie vir ons luisteraars, al lyk die Springbokke soms tam. Ons het net meer as 92,120 SMS inskrywings ontvang oor die 2 week-lange kompetisie, wat in samewerking met attooh! aangebied word om R20,000 kontant as totale prysgeld aan twee gelukkige wenners te besorg. Geluk aan André Steytler en Hennie Schmidt. Dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan die kompetisie.

RSG se jaarlikse Radiodramaskryfkompetisie het onlangs gesluit en ons is nuuskierig om te sien wie die beoordelaars gaan aanwys as die uiteindelike wenners. Daar was 111 inskrywings. Aangesien die beoordeling anoniem geskied en absoluut op meriete beoordeel word, sien ons elke jaar met groot afwagting uit na die talent wat ontgin word deur hierdie kompetisie. Die wenners word op 2 Desember bekend gemaak.
 
Ons is in die pylvak met die dokumentêre seisoen en te oordeel aan die weeklikse SMS-terugvoer na die ateljee, geniet luisteraars die aanbiedinge op Donderdagaande om agtuur. Skakel in vir die volgende paar weke en stuur ook jou terugvoer per SMS na 45889 wanneer die omroeper die groen lig daarvoor gee. Ons waardeer luisteraars se terugvoer en deel dit met die programmakers. Dit stel hulle in staat om deurlopend gehalte programme te lewer.
 
Onthou dat RSG en Beeld Kinderfonds se projek om kinders in nood te ondersteun, steeds aan die gang is. Besoek hul Facebookblad vir meer besonderhede. Ons het nie net vroue in Augustus gevier nie, maar ook lewens gevier deur die Stigting vir Orgaanskenkers te ondersteun. Jy kan steeds registreer as ‘n orgaanskenker, besoek bloot www.odf.org.za vir meer inligting.
 
Volg RSG op Twitter by @zarsg vir kort brokkies of besoek die webtuiste by rsg.co.za vir meer besonderhede.
 
Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span

André, die ruggraat van ‘Op en Wakker’

Nog voordat hy soggens die ketel kan aanskakel, maak hy planne oor hoe hy en die Op en Wakker-span derduisende luisteraars se lewens vandag kan verryk. Ontmoet André Kunz, die man agter die skerms van RSG se oggendprogram. Lees meer.

Twee Gelukwensings

Ryk van Niekerk bekroon

RSG Geldsake en aanbieder Ryk van Niekerk is onlangs aangewys as 2021 se Finansiële Radiojoernalis van die Jaar. Dit is die grootste erkenning wat ‘n radiojoernalis in Suid-Afrika kan kry. Lees meer.

Leefwêreld van die Gestremde vier mylpaal

Op 18 September vier Leefwêreld van die Gestremde dié program 1250ste ononderbroke uitsending. Dié program het ontstaan nadat verskeie rolspelers in die veld van gestremdheid saam begin droom om deur Afrikaanse radio ‘n groter bewustheid oor mense met gestremdhede te skep. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Ontdek ons grootste botaniese tuin

Kom vier Lentedag, 1 September om 20h00 op RSG saam met Johan Rademan wanneer ons ‘n stukkie Namakwaland in die Noordkaap ontdek. Ons besoek die Hantam Nasionale Botaniese Tuin. Lees meer.

Profieldokumentêr oor Louis van Niekerk

Veteraanakteur Louis van Niekerk is op 87 waarskynlik die oudste werkende Afrikaanse akteur in die land! Maar Louis se hartstog is die verhoog. En Shakespeare. Die dokumentêr, deur Ina Strydom, word op 8 September om 20:00 op RSG uitgesaai. Lees meer.

85 Jaar van musiek

In dié dokumentêr op 29 September oor die evolusie van musiek op Afrikaanse radio, kyk Haidee Muller-Isaacs na veranderende luistergewoontes oor die 85 jaar – van grammofoonplaat tot digitale aflaaibare musiek, en ook na die befondsingsmodel van musiek – wie betaal en wie maak die geld? Lees meer.

Alhoebekker spog met 2 nuwe insetsels

Twee nuwe insetsels is besig om nes te skop op Alhoebekker. In Die Belydskapsnavorsers vertel skrywer, meditasie- en joga-instrukteur Johannes de Villiers Woensdae meer oor blydskap. Skrywer Danie Marais ontrafel Donderdae die geheime van Liedjies met Lang Asems. Lees meer.

Luister weer

Het jy een van dié programme misgeloop? Moet niks uitmis nie, klik net op die skakels.

Regstreekse rugbykommentaar
Regstreekse rugby-uitsendings is nou weer ‘n werklikheid. Ons rugbykommentators deel hul eerstehandse ervaring om weer rugby vanuit ‘n kommentaarhok by die veld uit te saai. Lees meer.

Sterre en Planete
Die Artemis 1 is pas gelanseer. Dit is die eerste keer sedert die Apollo-sendings wat pogings aangewend word om na die maan te gaan. Ons luister na klank van ‘n reuse gravitasiekolk. Lees meer.

Regsake
Kan ‘n baasspelerige inwoner homself as voorsitter van ‘n komitee aanstel? Wat van die outo-aanslag van  SARS, en wat as jy foto's van kwaaddoeners op sosiale media plaas? Lees meer.

Menslike leuenverklikker
Lizette Volkwyn, een van die min menslike leuenverklikkers in die wêreld, vertel hoe om te weet wanneer leerders die waarheid praat of nie. Lees meer.

Gesondheid
Een van die groot probleme van kinders wat orgaanoorplantings ondergaan het, is risikogedrag van tieners wat hulle noodsaaklike daaglikse medikasie staak, met tragiese gevolge. Lees meer.

Hoe verklaar jy dit
Hoekom brand ‘n rissie jou langer as jou whiskey? Ons hoor ook hoe diere en voëls hulleself dokter met medikasie uit die natuur, en of duiwe wat in ‘n hok rondvlieg minder weeg as wanneer die duiwe sit. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer