Dis die einde van ons boekjaar en ons sal binnekort weet hoe RSG gevaar het in terme van inkomste, winsgewendheid asook luisteraarsgetalle vir die jaar.
Dis die einde van ons boekjaar en ons sal binnekort weet hoe RSG gevaar het in terme van inkomste, winsgewendheid asook luisteraarsgetalle vir die jaar. Dit is egter met opwinding wat ons die nuwe rondte van 1 April af aanpak. Ons sien uit na die vele programme en stemme wat deel is van die top Afrikaanse radiostasie.
Dit is die norm vir radiostasies om jaarlikse aanpassings aan die programaanbod te maak. RSG bou voort op die sukses en luisteraars sal in hul noppies wees oor ‘n hele paar programme en aanbieders.
Die SAUK is tans in onderhandeling met Sentech om al die senders wat onlangs afgesit is weer aan te skakel. Dit beïnvloed ‘n hele paar areas in die land en sowat tien SAUK radiostasies wat deur hierdie kwessie geraak word. Terselfdertyd probeer die maatskappy genoeg geld vind om die hele netwerk van Lae Krag Lae Koste terreine (Low Power Low Cost Transmitter network) te befonds en te onderhou aangesien dit nou ‘n addisionele koste vir die SAUK word.
Intussen beveel ons luisteraars aan om tydelik alternatiewe metodes te vind om na RSG te luister. Dit kan gedoen word deur aanlyn luister by rsg.co.za (webtuiste), of die nuwe SABC Plus toepassing af te laai op ‘n slimfoon, of OpenView 615 en/of DSTV 813 se musiekkanale te gebruik om na RSG te luister.
In die tweede dokumentêre program in die reeks: Genadedood – Om te Sterf met Genade, neem Esté de Klerk jou op ‘n reis met argumente teen genadedood aan die hand van kenners en ook eerstehandse vertellings. Lees meer.
Die Lingerfelders is terug. Donderdagmiddag 30 Maart begin RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Disnisgedraai. Bekende en beminde spelers vertolk weer hulle rolle – Amanda Strydom, Elma Potgieter en Rina Nienaber is enkeles. Nuwe spelers en karakters maak ook hul verskyning. Lees meer.
Musiek en Liriek2 Hierdie is die lang verwagte opvolg van die baie gewilde "Musiek en Liriek" wat aanvanklik uitgesaai is in Julie tot September van 2016 en sederdien 'n hele paar keer weens publieke aanvraag herhaal is. Sluit by ons aan vanaf Sondag 2 April om 10-uur die oggend wanneer Willem Pelser gaan fokus op nog 'n paar grotes in die wêreld van liedjieskrywers. Lees meer.
Die eerste dramaseisoen van 2023 begin op 6 April en bied ‘n wye verskeidenheid van style en temas aan. Die seisoen begin oudergewoonte met verlede jaar se wenners van die radiodramaskryfkompetisie en dan is daar ‘n paar verwerkings van teaterproduksies en ‘n paar skatte uit die argief. Lees meer.
Ons bring op Goeie Vrydag, 7 April, weer vir jou ‘n hele reeks spesiale programme en ‘n aagepaste programskedule om hierdie dag te gedenk.Dit sluit onder meer gesprekke, musiek, ‘n kantate en ‘n drama in. Lees meer.
Vanaf 14 tot 22 April gaan Amore Bekker en kie 166 kilometer vanaf Williston tot by Verneukpan stap. Amore, Lindie Stander, Jak de Priester, Elvis Blue en Johannes de Villiers gaan saam met ‘n volle 105 RSG-luisteraars stap. Alles ten bate van die RSG-Red-’n-plaas Camino-projek. Lees meer.
Luister weer
Het jy een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels.
Op en Wakker Waterreghouers in Suid-Afrika het verlede week ‘n belangrike oorwinning in die konstitusionele hof behaal. Lees meer.
Regsake Dokter en pasiënt vertroulikheid, die aanbou van ‘n woonstel, en testeervryheid word bespreek.Lees meer.
Wie is ek? Voel jy vasgevang in jou beroep, of voel jy dinge was nog nooit weer dieselfde ná Covid-19 nie? Waar lê die probleem? Lees meer.
Gesondheid Hoe ontwikkel die mens se brein? Hoekom gooi tweejariges vloermoere en hoekom is tieners se gedrag so riskant? Lees meer.
Hoe verklaar jy dit? Sekere akkedisse in Suid-Afrika loop nou deur onder smokkelaars. Hoe jy kan help om hulle te vang? Ons kyk ook na blou en grys oë, motte, en naellyk tydens operasies.
Sterre en Planete Hoe ver is die asteroïdes in die asteroïdegordel tussen Mars en Jupiter? Die antwoord sal jou verbaas. Wat is in April in die hemelruim te sien? Daar is ook meer oor sterrelyste en meteore.
ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie