Welkom by ons kort middel-van-die maand nuusbrief. Ons deel ons top agt programme van die afgelope twee weke met jou.

Beste [FNAME] 

Welkom by ons kort middel-van-die maand nuusbrief. Ons deel ons top agt programme van die afgelope twee weke met jou.

Deel gerus die RSG nuusbrief met jou vriende en familie, laat hulle ook gratis intekenare word en gereeld op hoogte bly van inligting. 

Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span

Moenie dié dokumentêre misloop nie!

18 Aug: Aan die klok

Martelize Brink verken die slaweklok geskiedenis van Suid-Afrika. Slaweklokke is in die destydse Kaap Kolonie opgerig om die daaglikse roetine en lewens van slawe te reguleer en as tydhouer vir die omgewing. Slaweklokke is ook op slaweplantasies regoor die Amerikas te sien. Lees meer.

Kilometers van Geskiedenis

Diep onder die aarde net noord van die kabbeling van die Eersterivier in Stellenbosch, leef die stilte van woorde, opgeteken in dokumente so ver terug as 1665. Lizelle de Bruin was ondergronds om te gaan kyk waar daar 5 km van kerkgeskiedenis opgesluit lê. Luister 25 Augustus na dié dokumentêr. Lees meer.

Luister weer na ons Top 8 van die afgelope 2 weke

Klik net op die skakels.

Grys Lys vir geldwas lande
Dawie Roodt praat oor die gevaar vir die land om op die FATF se Grys Lys geplaas te word weens skuiwergate vir geldwassery of finansiering van terreur. Hy verduidelik hoe die bankstelsel werk, en of mens bekommerd hoef te wees hieroor. Lees meer.

Doen jou eie ding
Ryk van Niekerk praat met dr. Judey Pretorius, die stigter en eienaar van Biomedical Emporium. Dis ‘n maatskappy wat velsorg- en ander produkte vir die farmaseutiese, kosmetiese en mediese bedryf ontwikkel en vervaardig. Lees meer.

Skrywers en Boeke
Luister na ‘n dokumentêr oor die digter Sheila Cussons, wat ‘n 100 jaar gelede oorlede is. Johan Myburg vertel meer oor ‘n nuwe Margaret Atwood-kortverhaalbundel, die kortlys vir die Ursula K. Le Guinprys vir wetenskapsfiksie en Mohsin Hamid se nuwe roman. Lees meer.

Landbou
Talle plaaseienaars maak van maatskappye gebruik om tydelike of seisoenale werkers in diens te neem, maar hoe weet jy of dié instansie volgens die regulasies werk? Ons vind uit. Wat  is die stappe tydens die afleggingsproses van ‘n werkneme? Lees meer.

Regsake
Is jy verplig om skuldeisers se oproepe te beantwoord? Wat van boedelbelasting as die afgestorwene aandele in ‘n maatskappy of BK het? Hoe werk die aborsie en vuurwapen wetgewings? Lees meer.

Gesondheid
Ná Faf de Klerk se harsingskudding, en die Engelse en Nieu Seelandse spelers wat Wêreld Rugby aanvat oor stampe teen die kop, gesels ons oor harsingskudding en protokolle in rugby. Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe vorm ryp, en is daar verskillende soorte? Hoe kan jy die plantluise in jou tuin onder beheer kry? En ons kyk na waterskerpioene. Lees meer.

Sterre en Planete

Die aktiwiteite op die son raak die lewe op aarde op verskeie maniere, soos magnetiese storms en skouspelagtige auroras by die pole. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer