Ons dokumentêre seisoen lok positiewe terugvoer en die verskeidenheid temas bied iets aan almal.

RSG Nuusbrief | Uitgawe 2 | 22 Februarie 2023

Beste [FNAME]

Ons dokumentêre seisoen lok positiewe terugvoer en die verskeidenheid temas bied iets aan almal. Die regstreekse uitsending van die Staatsrede in Februarie het egter ‘n impak op die programme gehad, en daarom bederf ons ons luisteraars met ‘n dubbeldoor dokkie-aanbod op Donderdag 30 Maart tussen 20:00 en 21:00. Al die dokumentêre programme, asook ‘n wye aanbod ander inhoud, is op potgooi beskikbaar.

Beurtkrag pootjie ook radio uitsendings. Bowenal is daar ‘n paar Lae Krag Lae Koste (LKLK) terreine in die Noord- en Wes-Kaap wat die toegang tot RSG en ‘n paar ander radiostasies beïnvloed. Die SAUK is bewus van die saak en dit word deur verskeie rolspelers hanteer om dit sou gou as moontlik op te los. Intussen kan luisteraars van alternatiewe maniere gebruik maak om na RSG te luister. Dit sluit die SAUK se stromingsplatform SABC Plus, of RSG se webtuiste by www.rsg.co.za, OpenView kanaal 615 of DSTV kanaal 813 in.

Goeie nuus is dat RSG se programmakers besig is met ’n opwindende program vir Goeie Vrydag wat op 7 April aangebied sal word. Die drama-span is ook besig met voorbereiding en opnames vir die eerste dramaseisoen wat in April afskop met die wenners van die jaarlikse radiodramaskryfkompetisie. Meer inligting hieroor in die volgende nuusbrief.

Vir diegene wat graag saam met Sue Pyler-Slabbert, Johan Rademan en Derrich Gardner wil reis – en die kans kry om meer as 30 top gehalte produksies te sien, bespreek so gou as moontlik jou plek vir Oppiwater 2023. Meer inligting is beskikbaar by www.oppiwater.co.za.

Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span
 

Ontmoet besige bytjie Sue Pyler-Slabbert

Sue Pyler-Slabbert, mede-aanbieder van Op en Wakker is nie net ‘n veelsydige aktrise, onderhoudvoerder en omroeper nie. Sy is ook deesdae by oorklanking betrokke en begin haar dag met vier verskillende wekkers wat afgaan. Lees meer.

Moenie dié dokumentêre programme misloop nie!

23 Feb: Plooie van die hart

Jonna Heynke, ‘n sig-gestremde vrou van Finland, vertel haar storie van hoe haar lewenspad verander is deur ‘n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur. Lees meer.

2 Maart: Tegnologie

Volgens kenners kan KI ‘n groot impak op werksgeleenthede en ook die onderwys sektor hê. Jody Hendricks het gaan vasstel hoe Kunsmatige intelligensie ons  leefwêreld kan verander, indien wel. Lees meer.

9 Maart: Tobie Cronje

Ina Strydom neem ons na die siel van Tobie Cronje in ’n profieldokumentêr oor sy interessante lewensfilosofie, sy ernstige en komiese werk en mense wat ‘n belangrike rol in sy loopbaan gespeel het. Lees meer.

16 Maart: Kansellasiekultuur

Agter elke boek is ‘n skrywer wat op die virtuele brandstapel van die kansellasiekultuur geplaas word – een van die wreedste metodes van sensuur. Johan Rademan gee ‘n Suid-Afrikaanse perspektief van dié boikotkultuur. Lees meer.

23 & 30 Maart: Om te sterf met genade

In twee dokumentêre programme: Genadedood – Om te Sterf met Genade, neem Esté de Klerk jou op ‘n reis met argumente vir en teen genadedood aan die hand van kenners en ook eerstehandse vertellings. Lees meer.

Luister weer

Het jy een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels.

Wêreldradiodag
Luisteraars het foto's van hul radio's en hoe hulle na RSG luister, met ons gedeel. Lees meer.

Regsake
Kindermolestering kan jare later steeds aangemeld word. Valse beskuldiging van rassisme word ook bespreek. Lees meer.

Landbou
Die plaaslike kanolabedryf het noemenswaardige gegroei, maar kan die bedryf binnekort ‘n plato bereik? Lees meer.

Wie is ek?
Ouers neem kennis: cannabis is nie veilig vir jou tiener nie. Dit kan jou kind se brein beskadig, en tot ‘n laer IK en skisofrenie lei. Lees meer.

Kompas
Jongmense op die platteland het min tot geen geriewe om hulle besig te hou. ‘n Gemeenskapsteater op Swellendam verander lewens. Lees meer.

Gesondheid
Hoe word ‘n stukkie van ‘n ma se lewer in haar kleuter oorgeplant? Ons kyk na leweroorplantings, en ook na die verskillende soorte hepatitis. Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe werk branders in die see? Hoekom het mense en diere hare? Hoekom mag mens nie naellak dra tydens ‘n operasie nie? Lees meer.

Sterre en Planete
RSG Sterre en Planete maak geskiedenis met eerste gesprek met ‘n ruimteman op die Internasionale Ruimtestasie. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer