Dit gons behoorlik agter die skerms om alles gereed te kry vir voorbereidings vir die 85-jarige vieringe van Afrikaanse radio!

Beste [FNAME]

Dit gons behoorlik agter die skerms om alles gereed te kry vir voorbereidings vir die 85-jarige vieringe van Afrikaanse radio! 

Daar word ook  gewoel en gewerskaf met bemarkingsagentskappe en digitale platforms, voorleggings en vergaderings met kliënte, advertering van vakante poste, kwartaallikse evaluerings, en vernuwing van stasie- en program promos.  

Die tegniese afdeling  wend ook ‘n daadwerklike poging aan om sendersteurnisse op te los en daar is so ‘n paar tegniese projekte wat aandag kry.

Noudat ons weer rugby-wedstryde regstreek op RSG uitsaai, het ons opnuut besef hoe belangrik radio-kommentaar van rugby vir ons blinde luisteraars is. Pieter van den Berg vertel meer.

RSG en Beeld Kinderfonds neem weer vanjaar hande om kinders in nood te ondersteun. Inligting oor hoe om deel te neem en in  aanmerking te kom vir die bonuspryse en die prystrekking vir ‘n splinternuwe motor, word gereeld op lug gegee.

RSG sal ook die Stiging vir Orgaanskenkers gedurende Augustus belig en ons moedig luisteraars aan om as orgaanskenkers te registreer.  

Dankie dat jy deel is van die RSG familie. Deel gerus die RSG nuusbrief met jou vriende en familie, laat hulle ook gratis intekenare word en gereeld op hoogte bly van inligting.

Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span

Lol RSG se radio-sein? Hier is alternatiewe maniere om na RSG te luister!

Moenie dié programme misloop nie!

Klipplaat: van Spoorwegdorp tot spookdorp

Jacques Arendt het Klipplaat, die eens besige spoorwegdorpie in die Karoo besoek. Van die huise in die spoorwegkamp word nog bewoon, maar daar is niks van die eens mooie stasie en “loko” wat jare gelede pryse gewen het as die netjiese stasie in die distrik nie. Lees meer.

Hallo, hallo Kenia

Terrance April neem ons in sy dokumentêr JAMBO, JAMBO KENIA op 11 Augustus op ‘n kort besoek aan die suidoostelike hoekie van Kenia, ‘n land aan die ooskus van Afrika. Lees meer.

18 Aug: Aan die klok

Martelize Brink verken die slaweklok geskiedenis van Suid-Afrika. Slaweklokke is in die destydse Kaap Kolonie opgerig om die daaglikse roetine en lewens van slawe te reguleer en as tydhouer vir die omgewing. Slaweklokke is ook op slaweplantasies regoor die Amerikas te sien. Lees meer.

Kilometers van Geskiedenis

Diep onder die aarde net noord van die kabbeling van die Eersterivier in Stellenbosch, leef die stilte van woorde, opgeteken in dokumente so ver terug as 1665. Lizelle de Bruin was ondergronds om te gaan kyk waar daar 5 km van kerkgeskiedenis opgesluit lê. Luister 25 Augustus na dié dokumentêr. Lees meer.

Fenomenale vroue van die Bybel

Ons is nou midde-in die reeks Fenomenale vroue van die Bybel waar die lewens van verskeie Bybelse vroue van naderby bekyk en bespreek. Wat kan ons leer uit die verhale van Jogabet, Rut, Ragel, Ragab, Batseba en andere? Was hulle nét goed of nét sleg? Luister Sondagaande om 19:00. Lees meer.

Rymklets sonder Grense

Afrikaanse rymklets is verstommend groot. Dít blyk duidelik uit ons nuwe musiekprogram Rymklets sonder grense op Donderdae om 20:30. In dié reeks van 13 episodes neem Frazer Barry die luisteraar op die voetspore van Rymklets, gesels met verskeie rymkletsers en kyk ook na die ontstaan en kulturele impak daarvan. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Gesondheid
‘n Mens kan só eet om vet te verloor, sê ‘n dieetkundige. Ons kyk oor na vesel, spierbou, en kommersiële DNS-toetse vir voeding. Lees meer.

3D drukwerk
Het jy geweet huise, brûe, speelgoed, skoene en selfs vel kan met 3D drukkers gedruk word? Hoe werk 3D drukwerk? Lees meer.

Regsake
Wie is aanspreeklik as jou kind by ‘n dagsorgsentrum beseer word?  Igna Klynsmith verduidelik wat omstandigheidsgetuienis is. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die verskil tussen meineed, regsverydeling en gemeentregtelike afknoop van misdade. Lees meer.

Sterre en Planete
Wat gebeur wanneer iets soos ‘n mikrometeoor een van die spieëls van die James Webb-ruimteteleskoop (wat uitstekende foto's van die hemelruim neem, soos hierbo) tref? Die sterregemeenskap is ook gaande oor ‘n komeet wat vanuit sommige dele van die wêreld te sien is. Dit is die 2017 Panstarrs-komeet. Lees meer.

 

Hoe Verklaar Jy Dit?
Hoe verskil daglengtes in somer en winter? Wat is die verband tussen sonstilstand en die verandering in daglengtes. (Foto: die middernagson in Alaska.) Ons leer ook meer leer swamme wat of parasiteer op insekte. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer