Baie dankie aan elkeen wat aan ons meningspeiling deelgeneem het. Byna 8000 huidige luisteraars het van hulle laat hoor.

Beste [FNAME]

Baie dankie aan elkeen wat aan ons meningspeiling deelgeneem het. Byna 8000 huidige luisteraars het van hulle laat hoor.

Hoewel ons nog nie tyd gehad het om die fyner besonderhede te verwerk nie, kan ons wel die volgende met julle deel:

  • Die meeste luisteraars wil na RSG luister om op hoogte te bly van die jongste nuus, en om ingelig te word.
  • Sowat een uit vyf luisteraars hou van die nuwe ontbytprogram Op en Wakker.
  • Die meeste luisteraars wat terugvoer gegee het, wil na gesprekke en besprekings luister wat handel oor oor sake van die dag – aktuele onderwerpe, die ekonomie en politiek. Ondersoekende joernalistiek word baie belangrik geag.
  • Verreweg die meeste luisteraars wil vroeg soggens ’n volledige weervoorspelling hoor.
  • Die musiek wat die meeste aftrek gekry het, is Goue Oues, Afrikaanse luisterliedjies en kontemporêre musiek, asook instrumentele of kunsmusiek.
  • Ander gunstelingprogramme op RSG sluit in nuus- en aktualiteitsprogramme; nuusberigte en weervoorspellings; inligtingsprogramme soos Regsake, Hoe verklaar jy dit en so meer, en die vlagskipprogramme Brekfis met Derrich, Spitstyd, Alhoebekker en musiekprogramme oor verskillende genres.

Ons het reeds begin om planne te maak.  Die musiek in Op en Wakker is reeds aangepas, en gesprekke en onderhoude oor verskeie sake wat luisteraars bemagtig met inligting word in dié program geïnkorporeer. Ons evalueer voortdurend die programaanbieding en maak aanpassings waar ons kan.

Ons het ook bevestiging gekry dat daar baie programme is wat baie gewild is en dat julle steeds in julle skik is met veral ons bekende omroepers. Daarom kan jy vandag meer lees oor Martelize Brink, omroeper van Driesestig, en die laaste dramas van die eerste seisoen van  Radioteater vir 2022. Ons gee ook ’n kykie na die dokumentêre wat van Julie op jou wag.

Ons gaan nou die inligting uit die meningspeiling verder bestudeer en waarskynlik nog aanpassings maak om ons luisteraars tevrede te stel.  Ons sal jou gereeld op hoogte hou.  Die wenner van die RSG geskenkpak ter waarde van R1000 sal ook lukraak bepaal word uit al die deelnemers van die meningspeiling en binnekort bekendgemaak word.

Dankie vir jou volgehoue ondersteuning van RSG. Ondersteun ons ook met WinterHOOP om bietjie warmte te bring in die koue winternagte. 

Louise en die RSG-span

KLIK HIER

Moenie dié programme misloop nie!

Die Midas van Musiek

Die derde reeks van die gewilde Die Midas van Musiek begin op Sondag 3 Julie net na 10:00 op RSG. In hierdie reeks van dertien episodes sal die goue treffers van kunstenaars soos Nat King Cole, Doris Day, Sade, Kenny Rogers, Dean Martin, Rita Coolidge, Cher, Neil Diamond, Dolly Parton en The Mamas & The Papas gehoor word. Die aanbieder en samesteller is Kobus Burger. Lees meer.

Laaste dramas van dié seisoen
Luister op 2 Junie na Ayden Kruger se Onvoltooid, gevolg deur Albert Short se Die Nagbesoekers op 9 Junie. Op 16 Junie word die nagedagtenis van Elsa Joubert wat vanjaar 100 jaar oud sou word, herdenk met ‘n her-uitsending van Die swerfjare van Poppie Nongena. Die seisoen sluit af met die vier wenner-kwartkomedies. Lees meer.

Ons 2e dokkie-seisoen
 Ons tweede dokumentêre seisoen van 2022 begin op 7 Julie, met ‘n groot verskeidenheid dokumentêre wat op jou wag - van ‘n verlate spoorwegdorpie tot SA se grootste botaniese tuin, van Distrik Ses tot die uitwerking van Diensplig, om enkeles te noem. Lees meer.

Skryf jou radiodrama sommer nou
RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie bied weer eens aan skrywers die geleentheid om klankdrama te omarm. Buiten ‘n handleiding en skryfwenke, sal skrywers ook mentorskap ontvang. Die prysgeld is vanjaar R115 000. Die wendramas word ook in 2023 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Augustus 2022. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Aktueel
AgriSA reageer op die ANC se besprekingsdokument oor landbou in aanloop tot die party se beleidskonferensie in Julie. Is dit ‘n positiewe verandering? Lees meer.

Regsake
Hoe kan jy volmag oor jou ouers se sake verkry? Wat staan jou te doen indien ‘n maatskappy waarin jy geld belê het, bankrot is. ‘n Prokureur verduidelik meer oor Reel 43 vir onderhoud en toesig oor kinders tydens egskeidings. Lees meer.

Landbou
Die tuisverbouing van sampioene is besig om talle agri-entrepreneurs se beursies te laat swel. Veranderende werksomstandighede in die landbou is onlangs nagevors, met bevindings wat in die 2035-verslag vervat is. Lees meer.

Reis sonder grense
Met die oog op die FIFA Wêreldbekersokker-eindtoernooi later vanjaar in Katar aangebied word, het Johan Rademan met twee Suid-Afrikaners in Doha gesels. Dié skiereiland in die Persiese Golf is een van die rykste lande in die wêreld. Lees meer.

Wie is ek?
Om te kan nee sê sonder om skuldig te voel, is ‘n vaardigheid waarmee die meeste van ons sukkel. Mense is gelukkiger as hulle van jonk af geleer het hoe om nee te sê, hoe om grense te stel en hoe om hulle wense te kan uitdruk. Lees meer.

Gesondheid
Vier gesondheidskwessies word bespreek: knokkeltoon-operasies, testosteroon-aanvullings se impak op vrugbaarheid, uitpeul-oë met tiroïedprobleme, en sooibrand-komplikasies. Lees meer.

Sterre en Planete
Wat is ruimte? Is dit niks? En wat is ruimtetyd? Dis die breinknopers waaoor die span praat. Die span praat ook oor ‘n foto wat onlangs geneem is van ‘n reuse gravitasiekolk, iets wat nie dikwels gebeur nie. Lees meer.

Hoe Verklaar Jy Dit?
Watter kweekhuisgasse is betrokke by aardverwarming, en hoespeel dit ‘n rol hierin? Hoe goed kan vlieë ruik en sien? Hoekom het muskiete nie voorkeure?
Waar kom maaiers vandaan? Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer