Hierdie was ‘n uitsonderlike jaar op vele gebiede en het verbygesnel.

Beste [FNAME]

Hierdie was ‘n uitsonderlike jaar op vele gebiede en het verbygesnel.

Ek kyk terug op die hoogtepunte eerder as die uitdagings.

Die Covid inperkingsmaatreels is gelig en dit het weer kunstenaarsoptredes, feeste en sportbyeenkomste moontlik gemaak. 

RSG het ‘n paar Springbokrugbywedstryde volledig uitgesaai ná ‘n paar jaar se droogte.

Die stasie het ‘n paar nuwe programme bekend gestel en ‘n deurwinterde Programbestuurder, Bemarkingsbestuurder, Verkopebestuurder en ander permanente personeel is hierdie jaar aangestel 

Natuurlik was die grootste hoogtepunt die viering van 85 jaar van Afrikaanse radio wat vir aangename nostalgie op lug en ‘n 2-uur lange spesiale ‘U eie keuse’ konsert gesorg het! Kyk ook na die foto's wat geneem is. Daar was ook ander feesvier-programme wat weer ‘n luister werd is.

‘n Besonderse Kersdagprogram lê voor saam met ekstra bederfprogramme gedurende die feesseisoen tussen 26 Desember en 8 Januarie. 

Intussen word daar ook hard gewerk om ‘n paar nuwe reekse en ‘n dokumentêre seisoen in Januarie 2023 bekend te stel.

Mag die naderende feesseisoen ook met vrede, liefde en aanvaarding gevul wees. 

Baie dankie vir jou ondersteuning die afgelope jaar, dankie dat jy elke keer RSG kies en ingeskakel bly.  RSG waardeer jou!  Geniet die brokkies en foto’s, en mag ons verder saamkuier in 2023.

Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span

Ons bied weer op Kersdag ‘n hele reeks spesiale programme aan om die stemming van dié dag met jou te deel. Sluit by ons aan. Ons wens jou vrede en vreugde toe in hierdie feesgety. Kyk ook wat is op ons spyskaart vir die feesseisoen. Lees hier meer oor die Kersdag-program.

Geluk Mariëtta!

Kokertoekenning

Die Afrikaanse Taalraad het onlangs vir Mariëtta Kruger bekroon met ‘n Kokertoekenning vir Lewenslange bydrae tot Afrikaans. "Gegewe haar liefde vir die taal, kry sy hiermee erkenning vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaans. Baie geluk, Mariëtta!," skryf die Afrikaanse Taalraad. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Nuwe program gaan inspireer

‘n Nuwe reeks wat op 5 Januarie 2023 afskop en harte warm gaan laat klop, is Suksesstories. Aanbieder Lizma van Zyl gaan kuier dan by mense wat in ‘n stadium so hard op die lewenspad geval het dat opstaan onwaarskynlik was. Tog het hulle uit die puin én pyn herrys, voortgebeur en gebruik nou húl ervaring om ander te help. Daar is ook mense wie se harde werk, toewyding en passie as inspirasie dien vir ander om hulle drome na te streef. Lees meer.

Radiodrama

In Donderdagaand, 1 Desember se Radioteater op RSG kan jy luister na Die Seekat, deur Tienie Albertyn. ‘n Lekker komiese produksie vir die begin van die vakansietyd. Die Seekat was ‘n finalis in die 2021 Radiodramaskryfkompetisie.
Lees meer.

Radiodrama-wenners op 2 Desember bekend

Die wenners word op Vrydag 2 Desember tussen 15:00 en 17:00 in Spitstyd aangekondig.RSG het vanjaar bykans 110 inskrywings ontvang vir die RSG radiodrama-skryfkompetisie. Die prysgeld vir vanjaar se kompetisie beloop R115000. Lees meer.

Luister weer

Het jy een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels.

85 Jaar Feesvierings

Herleef weer ons spesiale programme wat gedurende Oktober met die veirings van die 85ste bestaansjaar van Afrikaanse radio uitgesaai is. Kyk ook na ons foto's wat by die U eie Keuse-konsert geneem is, en luister na van die ander hoogtepunte en potgooie.

Hoe verklaar jy dit?
Ons leer meer oor kruipmolle in die Paarl, mooi motte in Pretoria, en hoekom die mens diere mak gemaak het. Lees meer.

Kuns
Die legendariese operaster Emma Renzi is 96 jaar oud. Sy kyk terug oor haar roemryke internasionale loopbaan en op haar lewe saam Willem Vogel. Lees meer.

My Mooi Dorp
Het jy geweet Robertson het ’n vliegveld waar Boeings kan land? Dís een die interessanthede van die Langeberg-streek. Ons vind meer uit oor die goeie dinge en die uitdagings van dié mooi gebied.  Lees meer.

Regsake
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak waar ‘n werknemer van ‘n myn wat haar nie aan die beleid dat sy nie hoëhakskoene mag dra nie, gesteur het nie. Bankrotskap in die huwelik kom ook onder die loep. Lees meer.

Geestesgesondheid
Ons gaan binnekort die feestyd in. Saam met die lekker kuier en opvang, ontstaan daar ook baie keer konflik. Hoe kan ek hierdie konflik hanteer?  Lees meer.

Gesondheid
Hoe lyk die profiel van ’n swendelaar wat maklik lieg en bedrieg? En wat is die verskil tussen ‘n psigopaat, ‘n sosiopaat en ‘n narsis?  Lees meer.

Rand en sent
Wat kan pensioenarisse doen om die  hoër belasting-aftrekkings te verander, of om terug te keer na die normale laer aftrekkings?

Lees meer.

Landbou
Landbouers in die Suid-Vrystaat op die Lesothogrens is raadop.Paaie is onbegaanbaar, grensdrade bestaan nie, patrollies word nie gedoen nie en misdaad ruk hand uit. Lees meer.

Sterre en Planete

Die auroras by die poolstreke word veroorsaak deur magnetiese interaksie van die son af. Normaalweg is die auroras groen. Die span praat oor pienk auroras wat onlangs gesien is. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer