Ons is op die vooraand van groot feesvieringe! Op 27 Oktober vier ons 85 jaar van Afrikaanse radio.

Beste [FNAME]

Veels geluk liewe RSG omdat jy verjaar! Vandag, 27 Oktober, is amptelik die stasie se verjaardag! Ons het soveel positiewe terugvoer ontvang oor die spesiale programme wat  die verhaal van meer as agt dekades vertel het – nostalgiese reise, danksy die skatte uit die  argief.

Nou is Afrikaanse radio op die drumpel van ‘n nuwe era met die U Eie Keuse-konsert wat hierdie Saterdag regstreeks voor ‘n gehoor in die SAUK se hoofgebou in Aucklandpark uitgesaai word! Ons sien daarna uit om voort te bou op die grondslag wat die afgelope 85 jaar gelê is.

Die tweede dramaseisoen vir die jaar het reeds afgeskop, en daar beslis vermaak uit die boonste rakke – skakel dus gerus  elke Donderdagaand om agtuur in. Onthou dat die Radioteater ook op potgooi beskikbaar is indien jy nie regstreeks of na die deurnagherhaling kon luister nie.

Dit was beduidend hoe mense gesmag het na vertonings en aanbiedings ná sowat twee jaar van Covid wat soveel inperkinge meegebring het. Almal is egter nie in ‘n posisie om konserte by te woon nie, en daarom bied RSG weereens ‘n keur van klassieke musiek op Sondagoggende 10-uur aan met die ‘Klassieke Konsertbederf’.

Die goeie nuus is dat ‘n daar ook ‘n Kersdag- en ‘n Oujaarsaandkonsert uitgesaai sal word met die Gautengse Filharmoniese Orkes en soliste. Intussen is die span programmakers ook hard besig met voorbereidings vir ‘n spesiale Kersdagprogram.

RSG se mense is talentvol – daarvan getuig die gereelde toekennings en benoemings.  Baie geluk aan Martelize Brink wat onlangs deur die ATKV met ‘n Oorkonde-toekenning vereer is. Oor ‘n paar weke word die jaarlikse Radio Awards aangekondig en met vyf benoemings word RSG ook daar trots verteenwoordig.  

Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning van RSG – jy liewe luisteraar vorm deel van die slagaar van die stasie. Volg ons gerus op Instagram (@rsg_100104fm) of Twitter (@zarsg) en besoek ons webtuiste by rsg.co.za om ingelig te bly oor die jongste nuus, programme en gebeure.

Tot volgende keer,

Louise en die RSG-span

RSG vier 85 Jaar van Afrikaanse Radio met 'n hoogtepunt - 'n regstreekse konsert van U Eie Keuse vanuit die SABC se M1-Ouditorium in Auckland Park. Die konsert word aangebied deur Willem Pelser en sal bestaan uit die gewildste versoeke van RSG se luisteraars. Die soliste sluit in Bongani Kubheka (bariton) Ockie Vermeulen (orrel), Ian Siemers (doedelsak), Magdalene Minnaar (sopraan), Heinrich Sutton (klavier), Leon Gropp (kitaar), Zanta Hofmeyr (viool) en Hlengiwe Mkhwanazi (sopraan). Die konsert word Saterdag regstreeks van 20:00 tot 22:00 uitgesaai. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Spesiale opdragdrama

Luister vanaand om 20:00 na 'n splinternuwe opdragdrama deur Lee Doubell. June van Merch vertolk die hoofrol in Sou die sterre luister met Johan Rademan as die regisseur. Die ander akteurs is Marissa Claasen, Anrich Herbst, Dean Balie, Anna-Mart van der Merwe en Johann Nel. Lees meer.

Afrika in Afrikaans-konsert

Op Vrydag 28 Oktober saai RSG weer die Afrika in Afrikaans-konsert uit as deel van ons 85ste verjaarsdagvieringe. Dié konsert is ’n reis deur tydlose Afrika- en Afrikaanse treffers. Die kunstenaars is Gloria Bosman, Timothy Moloi en Anna Davel met Janine Neethling as musiekregisseur. Lees meer.

Nuwe Sondagoggend-musiekreeks

Luisteraars kan uitsien na ‘n musiekreeks oor liefdesliedjies wat op Sondag 20 November afskop. Johan van Lill is die aanbieder van Liefdesliedjies en sal deurlopende die agtergrond van ’n liedjie vertel en gesprekke met liedjieskrywers voer.
Lees meer.

‘n Argiefdrama en ‘n naelbytdrama

Luister op 3 November na ‘n uitsonderlike argiefdrama oor drie oujongnooiens, Die Glasdeur, deur Henriëtte Grové. En op 10 November wag die spanningsdrama Die dood van ‘n skrywer op maat van Schubert se mooiste musiek.

Luister weer

Het jy een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels.

RSG op Prontuit
Prontuit het ‘n program gewy aan 85 jaar van Afrikaanse radio. Geniet die kykie agter die skermsLees meer.

Antjie Krog 70
RSG het in ‘n spesiale regstreekse uitsending Antjie Krog se 70ste verjaarsdag herdenk. Lees meer.

Groeipyne
Kan jy jou baba slaapatrone aanleer? Hoe doen jy dit? En op watter ouderdom kan jy jou baba leer? Slaapkonsultant Rhonel Scheepers gee raad.
Lees meer.

Gesondheid
Vind alles uit oor borskanker in dié programreeks. Van ‘n mastektomie en rekonstruksie, tot diagnosering en behandeling, ‘n gesprek met ‘n pasiënt en luisteraarsvrae. Lees meer.

Alhoebekker
Kan jou ouers nog alleen bly? Hoe weet jy wanneer jy moet ingryp en sekere besluite namens hulle moet neem?

Lees meer.

Regsake
Hoe gemaak as ‘n probleemdobbelaar ‘n dobbelhuis hof toe sleep omdat hy miljoene verloor het? Vuurwerke en aktevervaardiging word ook bespreek. Lees meer.

Sterre en Planete
Wat het geword van die Arecibo radioteleskoop in Puerto Rico wat in 2020 ineengestort het? Wat is die groen flits? En die reuse gammaknal? Lees meer.

Landbou
Beurtkrag het ‘n enorme impak op die hele landbouwaardeketting. Kulani Siweya van Agri SA gesels hieroor. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer