Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

Beste [FNAME]

Winter 2021 het behoorlik in Johannesburg, en sekerlik die res van die land neergesak hierdie week!  Tesame met die beurtkrag moes ons maar spartel en spook om alles gedoen te kry. Ja, ‘n mens besef nie hoe afhanklik jy van iets is, totdat dit nie meer daar is nie!

Die Winterhoop projek wat RSG ondersteun saam met MES, PEN en hul vennote het amptelik op 1 Junie afgeskop en ek wil elke luisteraar aanmoedig om dit vir die maand van Junie te ondersteun.  Indien jy ook net self in jou eie omgewing betrokke wil raak en ’n hand uitreik in hierdie koue maand na mense – en diere – in nood, doen dit gerus op jou eie manier.

Ons is baie opgewonde om vanjaar vir die vyf-en-twintigste keer die Sanlam/RSG Radiodramaskryfkompetisie aan te bied – en is dankbaar vir Sanlam se voortgesette ondersteuning van hierdie belangrike projek om die uitbreiding van radiodramas en aansporing van nuwe talent te bevorder. Met ’n allermintige R115,000 totale prysgeld, is dit nou jou kans om in te skryf voor die kompetisie op 16 Augustus sluit. Kry gerus die handleiding en skryfwenke op rsg.co.za of stuur ’n epos na [email protected] vir meer inligting en inskrywings. Luister ook gerus na die laaste paar Radioteaters op Donderdagaande om 20:00 van hierdie seisoen wat op 24 Junie klaarmaak.

RSG is ook opgewonde om “Die Dag van Môre” – ’n sepie wat die nood en vreugde van ons lewens aanspreek, in samewerking met Foxwood bekend te stel.

Bly veilig en bly warm!

Groete,

Louise en die RSG-span

Moenie dié programme misloop nie!

As is verbrande hout

Hester,  haar dogter Lisa en kleinseun Kobus, vertrek op ‘n reis na ‘n plaas in die Noord Kaap waar hulle voorheen gewoon het. Dit was haar oorlede man se laaste versoek dat sy as daar gestrooi moet word. Hulle word vergesel deur ‘n wyse Nama vrou wat vroeër op die plaas gewerk het. Die rit hou egter vele verrassings in en word ‘n reis van vergifnis en verlossing. Luister op 10 Junie om 20:00 na die drama deur Janine van der Linde. Lees meer.

Boeretroos

Boeretroos is die talentvolle 26-jarige Meestersgraadstudent Erica Harris se 3de radiodrama. Dit word uitgesaai op RSG Radioteater Donderdagaand 17 Junie om 20:00. Die hoofkarakter in Boeretroos is ‘n briljante, oorwerkte en onderbetaalde, siniese joernalis wat teesinnig ‘n storie opvolg oor die tergende geheim en identiteit van kwaaijongens wat amok maak en verwoesting saai. Lees meer.

Argiefdrama van Bartho Smit

Die eerste radiodramaseisoen word op 24 Junie afgesluit met ‘n argiefdrama – Putsonderwater, deur Bartho Smit. Die ietwat omstrede drama van een van die belangrikste Sestigers, is spesiaal vir die radio verwerk en geregisseer deur Eben Cruywagen. Talle literatore het die werk, wat in 1962 verskyn het, bestempel as een van die belangrikste hedendaagse Afrikaanse dramas. Smit is in 1978 met die Hertzogprys vir Drama bekroon vir Putsonderwater, Christine, Moeder Hanna en Die verminktes. Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Dié veelvlakkige, komplekse drama handel kortom oor Maria, ’n swanger tiener, wat deur die gesagsfigure van die dorp – die Dominee, die Koster, die Polisiesersant en die Dokter – seksueel misbruik word. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring. Lees meer.

Die dag van môre

Van Maandag 7 Junie stel RSG en FoxwoodTV jou bekend aan ‘n splinternuwe aanlynsepie Die Dag van Môre. In dié interaktiewe sepie vermeng die skrywer Jan Groenewald slim al die probleme waarmee ons as Suid-Afrikaans daagliks te doen kry, in fassinerende verhale van die mense van die ou herehuis in Johannesburg. Die nuwe aanlynsepie word van 7 Junie elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 12-uur op www.foxwood.tv uitgesaai. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Spetrum
Ons kyk na die jongste nuus oor die minister van gesondheid, die Johnson & Johnson-entstof, die voëlgriep-uitbreking in Suid-Afrika, die plaaslike verkiesing, AARTO, en Kouga as rampgebied. Lees meer.

Regsake
Igna Klynsmith bespreek die appèlsaak oor Moslemhuwelike, en die bevinding dat bestaande wetgewing oor huwelike en egskeiding strydig met die Grondwet is. Hy kyk ook hoe vroeëre ooreenkomste en kontrakte die bepalings van ‘n testament? Lees meer.

Groeipyne
Hoe behoort moderne gesinne met mekaar te gesels?Johan van Lill praat oor gesinskommunikasie: Wat behels dit? Wat is ‘n goeie kommunikasiestrategie vir moderne gesinne? Sy gaste is ‘n maatskaplike werker en ‘n traumaterapeut. Lees meer.

Gesondheid
Daar’s is GEEN kontra-indikasie teen die entstof nie. Mense wat op kankerbehandeling is, lupus het, op teenverwerpingsmiddels is, of hartprobleme of enige ander gesondheidsprobleme behoort almal die enstof te ontvang. 
Lees meer.

Wie is ek?
Ons hoor gereeld hoe jy vir jouself lief moet wees en jou foute aanvaar, maar watter rol speel kommunikasie in 'n persoon se geluk? Kan die aanleer van kommunikasievaardighede 'n verskil maak in hoe ons onsself sien, en hoe ander mense ons ervaar? Lees meer.

My Mooi Dorp
‘n Jong taxibaas van die Sondagsriviervallei droom om die taxibedryf meer professioneel en respekvol te maak. Die taxibedryf is meer georganiseerd as wat mens besef en nie net biep-biep stop-stop nie. Ken jy die taxibase in jou eie dorp? 
Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Wanneer gaan die aarde se magneetveld weer gaan omswaai? Ons leer meer van die pofadder se paringstyd, en hoe vermy jy giftige sampioene? 
Lees meer.

Sterre en Planete
Hoe word ruimtesendings geprioritiseer? Wie besluit watter sending moet onderneem word? Hoe word sendings befonds? 
Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer