Maak die meeste van hierdie spesiale tyd van die jaar met RSG se Paasfeesprogramme, radiodramas en aanbieders.

Beste [FNAME]

Ons is nou reeds ’n week of wat in die nuwe finansiële jaar wat ook ’n paar nuwe programme en stemme gebring het. Dit was ’n geswoeg en gesweet om seker te maak al die beplanning, aanpassings, administrasie en kontrakte is betyds gereed om daagliks vir jou as luisteraar ‘n verskeidenheid van programme en musiekaanbiedings te verseker.   

Programveranderinge aan die begin van ’n nuwe geldjaar is ’n normale verskynsel in die radiolandskap. As deel van RSG se mandaat as openbarediensuitsaaier, word ’n wye verskeidenheid programme deur die loop van die dag geskeduleer om in verskeie behoeftes en smake te voorsien – programme wat inlig, opvoed en vermaak.

Verskeie faktore beïnvloed strategiese besluite, waar voortdurende evaluering en hernuwing ten doel het  om stagnering te voorkom en nuwe geleenthede te skep om gehore te laat groei en die lewensvatbaarheid van ’n organisasie te verseker.  Tendense in radio en verbruikerspatrone in ’n veranderde medialandskap, en die relevansie van mededingende, moderne en oorvloedige keuses het bygedra tot die aanpassing van programme op RSG. 

Luisteraarsterugvoer op verskeie programme die afgelope paar jaar, navorsingsinligting, vooruitskatting deur gerekende bedryfsinstansies en interne strategiese besluite het die weg gebaan vir verandering. 

Die nuwe programaanbiedinge, veral die nuwe ontbytprogram ‘Op en Wakker’ bied geleenthede aan RSG om op gelyke voet met soortgelyke handelsmerke mee te ding.  Dit bied ook meer luisteraarinteraksie van ’n jonger gehoor en bied meer geleenthede vir adverteerders se deelname. 

RSG voldoen steeds aan lisensievoorwaardes en mandaatvereistes, terwyl nuwe geleenthede geskep word vir die finansiële volhoubaarheid van die handelsmerk.

Met meer as 1,4 miljoen diverse luisteraars reg oor die land, en met die viering van 85 jaar van Afrikaanse radio vanjaar, neem RSG die luisteraars saam op ’n reis om ’n volhoubare toekoms vir RSG te bou.

Die bedryfshoof van die SAUK, Ian Plaatjies, en die hoofbestuurder by SAUK Radio, Johan van Rooyen, gee ook meer inligting oor die plek van RSG in die moderne wêreld, en die redes vir die programveranderings soos Op en Wakker.

Ek deel ook graag goeie nuus! Kobus Burger, RSG se senior mandaatregisseur het weer daarin geslaag om borgskappe vas te knoop vir sowel die Radiodramaskryfkompetisie (vanjaar vir die 26ste jaar aangebied) as die Kwartkomediekompetisie wat laasjaar bekend gestel is. Dus kan beide hierdie kompetisies weer in 2022 aangebied word met prysgeld vir die wenners.  Daarmee word nuwe talent ontgin, die skryf- en kunstewêreld ondersteun, en innoverende inhoud vir RSG geskep!

Onlangs het iemand gesê ten spyte van al die uitdagings die afgelope jaar moet ek gaan sit en ‘n lysie maak van die dinge wat wel goed gegaan het. Ons is geneig om partykeer net in die negatiewe dinge vas te staar, en vergeet dan van dit wat ons wel bereik het, die verskil wat ons wel gemaak het, die goeie dinge wat wel gebeur het. Ek daag jou uit om dieselfde te doen – dit beteken nie jy druk jou kop soos ’n volstruis in die grond nie, maar jy laat nie toe dat die negatiwiteit jou oorweldig nie, en jy het dan durf om die pad vorentoe aan te pak!

Groete tot volgende keer.

Louise en die RSG-span

Derrich Gardner is tuis agter die mikrofoon en voor die televisiekameras. Hy is ook dol oor tuine, fotografie en musiek. Kom vind meer uit die gewilde RSG-omroeper wat al van kleintyd wou uitsaai. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Luister vanaand
Adriaan Havenga is bekroon as Jongskrywer in die radiodramaskryfkompetisie vir Die dood van Bititi. Dit is die verhaal van ‘n matriag, haar kinders en hulle gesinne. Die familie is op die plaas byeen nadat die matriag ‘n nuwe leeuwyfie gekoop het. ‘n Verskriklike tragedie volg. Lees meer.

26 Mei: Luister Sondeseep

Wat gebeur as onreg, misdaad en wanbestuur nie voor stok gebring word  in ‘n gemeenskap nie? As die sondaars telkens wegkom met hul vergrypings, danksy hul sosiale status? Mens kan keelvol raak. Wie is die vark in die verhaal. Kom luister. Lees meer.

Spesiale Goeie Vrydag skedule
Ons bied weer ‘n spesiale reeks programme aan op Goeie Vrydag. Dit sluit ‘n Paasdiens, musiek, ‘n simfoniekonsert (Czerny se Nonet), ‘n Paasdrama (Waarom Here?), ‘n spesiale gespreksprogram oor Die Lyding van Jesus, en ander programme in. Lees meer.

Skryf jou radiodrama sommer nou
RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie bied weer eens aan skrywers die geleentheid om klankdrama te omarm. Buiten ‘n handleiding en skryfwenke, sal skrywers ook mentorskap ontvang. Die prysgeld is vanjaar R115 000. Die wendramas word ook in 2023 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Augustus 2022. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Presteerder
‘n Kaapse vrou het die byna onmoontlike vermag: Sy het ‘n doktorsgraad aan US behaal sonder 25% van haar brein. Sy het in haar tienerjare drie breinoperasies ondergaan om gewasse weg te sny, maar nie ophou droom nie. Lees meer.

Regsake
Wat was die Konstitusionele Hof se onlangse beslissing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging? Ons kyk ook na ‘n appèlhofuitspraak oor die uitsetting van huurders. Lees meer.

Landbou
Al meer vetplante word uit Namakwaland gesteel vir die Oosterse mark. Dié diefstal word is ‘n groeiende probleem en bedreig die Namakwalandse vetplante. Lees meer.

Gesondheid
Kan ‘n radikale vloeistofdieet en eetlusdempers jou help om gewig te verloor? Kan dit jou hart beskadig? Kan dit jou metabolisme so beskadig dat jy dan makliker weer vet word? Lees meer.

Sterre en Planete
Die Hubble ruimteteleskoop het daarin geslaag om so diep die ruimte in te kyk dat dit ‘n ster wat 1,29 miljard ligjare ver is, opgespoor het. Hoe is die moontlik?  Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Ons vind meer uit oor atome, muskiete, wolfspinnekoppe, krewe en papegaaie. Die span wetenskaplikes van Hoe verklaar jy dit vertel meer. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer