Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan. Daar is soveel om na uit te sien op RSG in Mei.

Beste [FNAME]

Ons is besig om so paar dinge meer vaartbelyn te maak en dus word senderprobleme direk by Sentech se tegniese span aangemeld. Die klagtes word daaglikse opgevolg deur die SAUK se tegniese afdeling. Luisteraars in die Kleinmond-omgewing is egter steeds sonder RSG opvangs aangesien die proses om ’n nuwe sender op te rig nie oornag gebeur nie. Vodacom het toestemming verleen dat die nuwe sender op hul terrein gebou mag word en nuwe toerusting is bestel. 

Die volgende stap is vir die SAUK om aansoek by OKOSA (Onafhanklike Uisaai Owerheid van Suid-Afrika) te doen vir toestemming om die sender na ’n nuwe ligging te verskuif. 

Intussen kan luisteraars na RSG luister via DSTV oudiokanaal 813 of OpenView oudiokanaal 615, die SAUK se mobiele nuustoepassing of aanlyn stroom via rsg.co.za

Een van die dae vier Suid-Afrikaners Moedersdag. Skakel gerus in op ‘Alhoebekker’ vroeg in Mei om te hoor hoe jy vir iemand spesiaal in jou lewe ’n spesiale boodskap kan stuur om daardie ekstra waardering te betoon!  Ek is baie bevoorreg om nog my ma in my lewe te hê, en sommer naby ook – sy bly in ’n woonstel op my erf en dis heerlik om nou en dan net in te loer en te gesels. Om self ’n ma van twee groot seuns te wees, bring ook vir my baie plesier. Koester die spesiale mense in jou lewe!

RSG gaan binnekort by die Royal Skou in Pietermaritzburg kuier, so ons nooi alle luisteraars in KwaZulu-Natal om op Sondag 5 Junie by die RSG verhoog bymekaar te kom en die spesiale konsert te geniet. Die gasheer is Derrich Gardner. 

Ten slotte – aan almal wat e-posse en sms’e stuur, dankie vir jul terugvoer en insette. Ongelukkig is dit nie moontlik om elkeen te antwoord nie, maar ons waardeer jul menings en neem dit ter harte.

Groete tot volgende keer.

Louise en die RSG-span

RSG is een groot familie, en daarom wil ons ook hê dat jy die mense beter leer ken.  Daar sal dus meer gereeld ’n persoonsprofiel wees. Gustav Greyling – een van die aanbieders van die nuwe ontbytprogram ‘Op en Wakker’  – hou van reis, speel ook orrel en 'jag' fossiele. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Luister vanaand
Albert Short se Naand Josef is donker komedie op sy beste. Short het die tweede prys in RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie in 2021 gewen met dié drama. Dit word vanaand om 20:00 op RSG uitgesaai. Dis ‘n spookstorie met ‘n kinkel en die karakters is so kleurvol soos wat jy op ‘n uitgestrekte vlakte sal kry. Lees meer.

Het van Verlangekraal

Die ikoniese verhaal Het van Verlangekraal, deur Johan Bekker, is RSG se nuwe middagvervolgverhaal en begin vandag om 14:45. Die storie handel oor die opstandige en baie arm, maar baie skrander skooldogter, Het. Ansu Visser speel Het en Sally Campher haar ma. Lees meer.

RSG by Royal Skou
Skud jou vere reg om op 5 Junie die gewilde Royal Skou in Pietermaritzburg by te woon. Sondagmiddag net na 2 nm is Elvis Blue, Demi Lee Moore, Pietman Geldenhuys (aka Peter Mitchell) en Die Coffee Snobs op die RSG verhoog met Derrich Gardner as gasheer. Lees meer.

Skryf jou radiodrama sommer nou
RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie bied weer eens aan skrywers die geleentheid om klankdrama te omarm. Buiten ‘n handleiding en skryfwenke, sal skrywers ook mentorskap ontvang. Die prysgeld is vanjaar R115 000. Die wendramas word ook in 2023 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Augustus 2022. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Eiendomsbelasting gevaarligte
Eienaars van wildsplase, en ook woonstel- en kommunebewoners en ouetehuise, moet hulle regmaak vir yslike verhogings in eiendomsbelasting. Sekere munisipaliteite beplan om hierdie eiendomme as kommersiële eiendom te belas. Lees meer.

Regsake
Hoe word vruggebruik bereken? Igna Kleinsmith verduidelik en beantwoord ‘n luisteraar se vraag oor of besoedelaars beboet kan word vir die skade wat hulle die omgewing berokken. 'n Grondwetkenner onderskei tussen haatspraak en laster. Lees meer.

Voeding
Is dit veilig om olie wat reeds een keer verhit is, ‘n tweede keer te verhit? Kan gevaarlike transvette vorm met herverhitting? Verskil olies van mekaar wat die effek van hitte betref? Dieetkundige Irene Labuscagne van Nicus vertel meer. Lees meer.

Gesondheid
’n Klein skoenlappervormige kliertjie in jou keel bepaal hoeveel petrol in jou enjin is. Sowat een uit tien mense ouer as 40 se tiroïed werk nie reg nie. As dié wanfunksie nie gediagnoseer en behandel word nie, kan dit enersyds tot lewensmoegheid en andersyds selfs tot jou dood lei. Lees meer.

Sterre en Planete
Sterrekundiges het pas die koudste plek (kouer as -270 grade Celsius) in die heelal opgespoor. Die Seti-projek is daarop gemik om intelligente lewe in die heelal op te spoor. Wat word nou van dié projek nadat die radioteleskoop by Arecibo in Suid-Amerika ineen gestort het? Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe kan ‘n sandstorm in die Sahara-woestyn ‘n oranje sneeu in Europa veroorsaak? kyk na die mooi foto's wat in die Alpe en die Franse Pirreneë geneem is. Hoe ver is die horison van jou af? Ons identifiseer klein eiertjies na aanleiding van ‘n foto wat deur ‘n luisteraar ingestuur is. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer