RSG is voorwaar aan die voorpunt met innovering en stel die voorbeeld wanneer dit in die radio afdeling kom!

Beste [FNAME]

Die afgelope tyd is daar baie nuus gedeel oor die programaanpassings en veranderinge by RSG. Nou het die tyd aangebreek vir die uitvoering daarvan. Net so besig as wat dit op lug gaan wees, was daar woelinge agter die skerms om alles gereed te kry vir jou om pure genot te ervaar! 

Vanaf Saterdag 2 April begin die eerste aanpassings met nuwe programme. Die grootste verandering is die nuwe ontbytprogram Op en Wakker wat vanaf Maandag 4 April van 07:00-09:00 weeksoggende aangebied word. Lees hier meer oor die nuwe programskedule.

’n Hele nuwe radioteater-seisoen lê voor met radiodramas uit verskillende genres wat van 7 April elke Donderdagaand om 20:00 uitgesaai word.

Ingeval jy ‘n program (buiten die musiekprogramme) misgeloop het, kan jy dit op die webtuiste by potgooi gaan aflaai en op jou eie tyd daarna luister.

Vir diegene wat impulsief is – jy kan nog gou plek bespreek vir Oppiwater Kunstefees wat van 4-8 April van Durban na Mosambiek vaar.

Die span programmakers is ook besig om ’n besonderse Goeie Vrydag aanbieding saam te stel onder leiding van Elsje van Jaarsveld, RSG se senior kontinuïteitregisseur – skakel dus reeds van vroegoggend af in op Vrydag 15 April.

Groete tot volgende keer.

Louise en die RSG-span

Ons nuwe programskedule tree op 2 April in werking. Die eerste aanpassings is die nuwe programme soos Top-20 om 10:00 en Tegnologie met Blaine om 14:30. Reis Sonder Grense word om 13:00 uitgesaai en Vastrap skuif na net ná die 18:00 nuus. My Mooi Dorp skuif na Sondae om 15:00.

Sondag 3 April se Oggendstemming skuif na 05:00. Binnekamer van 06:00-09:00 is een van die nuwe aanbiedinge met Lizelle de Bruin en Anthea Fredericks. En ja, Loof die Here is steeds deel van Binnekamer. Fiks vir die lewe, begin weer op Sondag 3 April net ná die 19:00 nuus. Die grootste verandering is die nuwe ontbytprogram Op en Wakker wat vanaf Maandag 4 April van 07:00-09:00 weeksoggende aangebied word. Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Ons nuwe dramaseisoen
Twee herdenkings – van die Fransman Moliére en ons eie Elsa Joubert – die wenners van verlede jaar se RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie, én die wenners van die eerste RSG – Nati Kwartkomediekompetisie kom aan die beurt in ons 1e dramaseisoen van 2022. Lees meer.

Spesiale Goeie Vrydag skedule
Ons bied weer ‘n spesiale reeks programme aan op Goeie Vrydag. Dit sluit ‘n Paasdiens, musiek, ‘n simfoniekonsert, ‘n Paasdrama, ‘n spesiale gespreksprogram oor Die Lyding van Jesus, en ander programme in. Lees meer.

Nuwe musiekprogram
RSG se nuwe musiekreeks, HOE VERKLAAR JY MUSIEK begin op 3 April om 10:05. In die reeks word musiekterme wat dikwels gehoor word, aan die hand van musieksnitte verduidelik. In die eerste episode gesels aanbieder Terrance April oor die OVERTURE. En wat is ‘n mezzo-sopraan soos Michelle Breedt. Lees meer.

Agter die masker
Agter die Masker is ‘n dokumentêre reeks van twee episodes wat fokus op die emosionele impak van die Covid-19 pandemie op dokters en pasiënte. Episode 2 word op Donderdag, 31 Maart uitgesaai. Esté de Klerk gesels onder meer met ‘n 52-jarige mielieboer van Lichtenburg in Noordwes, André du Preez, wie se lewe onherroeplik verander het nadat hy Covid-19 opgedoen het. Lees meer.

Fiks vir die Lewe is terug
Die gewilde Fiks vir die Lewe programreeks is eersdaags weer op die lug. Jy kan van Sondagaand 3 April tussen 19:00 en 19:30 na dié reeks luister. Dit is ‘n gespreksprogram waarin Dr. Loots met ‘n kundige gesels oor aktuele temas van die dag. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Praat Saam
Om nog damme te bou, gaan nie ons land se waterskaarste oplos nie. ‘n Waterbestuurspesialis en omgewingsregskenner bespreek water as ‘n skaars hulpbron. Lees meer.

Regsake
Wat was die Konstitusionele Hof se onlangse beslissing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging? Ons kyk ook na ‘n appèlhofuitspraak oor die uitsetting van huurders. Lees meer.

My mooi dorp
Plante wat in die Karoo groei, moet droogte- en rypbestand wees. Dit is steeds moontlik om Karoo-dorpe te vergroen met bome soos die Karee, olien, Karoo noem-noem, witstinkhout en vele ander. Lees meer.

Gesondheid
Beroertes is een van die top 10 oorsake van dood. Waarom moet mens letterlik binne minute by ‘n hospitaal kom? Waarom moet mense ná ‘n mini-beroerte beslis mediese sorg opsoek? Lees meer.

Landbou
Die toekoms van plantgesondheid sluit ‘n hele paar uitdagings in. Die opleiding van plantpatoloë, onder andere, sal móét verander, om nie eers van die impak van klimaatsverandering te praat nie. Lees meer.

Brul
In die reeks gesprekke ontrafel ‘n wildsveearts die geheime van die groot katte in die wêreld insluitend leeus, luiperds, tiere en jaguars en ook die kleinste wildekat, miershooptier. Lees meer.

Sterre en Planete
Meer as 5,000 ekspolanete is al gevind. Daar is ook ‘n hele klomp wat nog geverifieer moet word. Lees meer.

Wie is ek?
Ons kyk na grenslyn-persoonlikheidsteurnis. Irrasionele optrede, jaloesie, besitlikheid en vloermoere is tekens. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander
of jou intekening te kanselleer